Sales/Quotes/Queries:   012 809 4026   antonius@chilli-b.co.za   retha@chilli-b.co.za

Dis Sondag middag twee uur en die grand prix begin. Ek is uit almal se pad en almal is uit my pad want ek will lê en TV kyk.  Soos wat die ligte afgaan en almal, behalwe my held, pyl na die eerste draai, knal die eerste tekens van ‘n donderstorm om my heen. Bedonnerd jaag ek af na my rekenaar, gooi die arme verwilde kinders van hulle ‘games’ (Natuurlik sonder om te ‘save’, pluk al die krag en ADSL kabels uit die muur, en jaag soos ‘n perdeby boontoe om rustig verder na die grand prix te kyk.  Almal weet wat ‘n bliksemstraal aan ‘n rekenaar kan doen dus het ek alle reg gehad om soos ‘n tornado deur die huis te jaag. Ek bevestig dit deur kommentaar te los oor die verhouding van rekenaars, speletjies, salaris en bome met blare.  Dis nie lank nie en my oudste stap sonder enige respek by die deur in en vra waar die donderstorm is (hand op die heupe effek, nou moet jy weet hy is ernstig, hy daag my enigste vrye tyd uit).  Ek is nie nou eintlik lus om te praat nie want die @*%&$£$% GP is aan en ek konsentreer net so hard soos die jaers (meeste kannie bestuur in elk geval, ek doen dit beter in my diesel bakkie).  Baie subtiel,  draai ek my kop na die venster asof ek vir hom sê donderstorms is buite, het julle dit nog nie in graad 5 geleer nie?….noodloos om te sê skyn die son.  Gelukkig het ek ‘n ‘pause’ knoppe want ek kan nie verkeerd wees nie, donderstorms  is buite, nie binne nie (aksioma).  Nou ek gaan nie ‘n lang storie hiervan maak nie want ‘n bedonnerde tiener het sy sin gekry en speel weer op sy rekenaar.  Ek kon nie verder konsentreer  op my karre want ek het geweet daar wag werk vir “’n mens” (meer daarvaan later).  My vraag is, hoekom is daar ‘n ‘donderstorm in my dak’.

Water Hammer Arrestor
Water Hammer Stuiter kan die lewensduur van baie toestelle soos wasmasjiene, krane, geysers ens verleng.

Nou ja, die rede is “water hammer”, of ‘water skok’ of ‘water hammer’ , as iemand ‘n beter naam kan uitdink, laat my weet.  Wat gebeur is wanneer water in pype vloei en skielik tot stilstand kom bv., deur ‘n kraan toe te draai, of as ‘n wasmasjien se waterklep sluit, veroorsaak dit skokgolwe binne die pyp.  Onthou water kan nie saamgepers word en dit is die hele probleem.  Die skokgolwe veroorsaak dat die pype binne jou dak beweeg of ruk.  Om die probleem op te los moet ‘iets’ ge-installeer word wat die skokgolwe kan absorber.  Dit is belangrik want die skokgolwe kan die kleppe (‘valves’) in wasmasjiene, skottelgoed wassers, krane, geysers ens. beskadig.  ‘n Maklike oplossig is om ‘sagte polycop’ pyp te neem en ‘n lus te maak wat los is.  Dit kan gedeeltelik die skokgolwe absorbeer.  Die beste oplossing is om ‘n “water hammer arrestor” te installeer (ek sal dit nie vertaal nie).  Dit sal die lewensduur van alle kleppe veral ook geysers verleng en jou in vrede laat om TV te kyk op Sondae.

Installasie is baie maklik veral as ‘n man ‘n mens geword het; bedoelende jy is nou getroud en jou nuwe vroutjie vra dan; “kan ‘n mens nie ‘n gat boor (vir jou skoonma) vir die potret; of hierdie kraan regmaak, of kan ‘n mens nie gou-gou ‘n gat grawe vir ‘n plantjie nie?  Die toestel (of water hammer stuiter, soos ek dit noem, maar nuwe woorde is altyd welkom) kan met behulp van ‘n T-stuk in die waterpyp net NA die geyser ge-installeer word. Dan is ‘n mens (alweer) verseker dat jou geyser asook die hoof drukklep (‘Pressure Reducing Valve’) buite die huis ook beskerm word.

Dit is moontlik dat die gedonder nie totaal sal ophou nie, in daardie geval moet ‘n mens maar ‘n profesionele mens uitkry of ‘n loodgieter om te toets of die hoof drukklep (‘Pressure Reducing Valve’) buite die huis nie dalk stukkend is of dat die druk oor die algemeen te hoog is.  ‘n Mens kan nie altyd alles regkry nie :).

1 Comment

  1. Oulik! Ja, ons het ook donderweer in ons dak, maar ek dink nie my mens sal weet hoe om die gerammel te laat bedaar nie. Ek sal seker maar ‘n professionele mens moet laat kom!